GeneralLocal newsNews

Só word water steeds vermors

Volgens ’n woordvoerder van ’n sakeonderneming in Oosthuisestraat het ’n waterpyp voor hul perseel drie weke gelede gebars.

Terwyl die publiek gereeld deur die Msukaligwa Munisipaliteit gemaan word om water spaarsamig te gebruik en talle inwoners pas dae sonder water was, duur die vermorsing van dié skaars hulpbron weens gebarste pype en ondoeltreffende herstelwerk deur munisipale werkers nog voort.
Volgens ’n woordvoerder van ’n sakeonderneming in Oosthuisestraat het ’n waterpyp voor hul perseel drie weke gelede gebars.
Die voorval is vroegoggend by die munisipaliteit aangemeld en werkers het omstreeks 13:00 opgedaag en die sypaadjie oopgegrawe om met die herstelwerk te begin.
Die groot uitgrawing is egter net so gelaat sonder dat die lekkende pyp herstel is.
Ná drie weke en verskeie oproepe na die munisipaliteit om hulle in te lig dat die pyp steeds lek, was daar geen reaksie nie. Daar is weer oor die afgelope naweek en Maandagoggend geskakel.
Intussen loop die water steeds by die lekkende pyp uit en is die diensingang van die onderneming ontoeganklik weens die uitgrawing.
Volgens die woordvoerder, is ’n nuwe telefoonnommer deur die munisipaliteit verskaf maar daar is geen antwoord by dié nommer nie.
Teen druktyd Dinsdag was die pyp steeds nie herstel nie.

Related Articles

Back to top button