Radio Ermelo beplan vir toekoms

Radio Ermelo 104Fm het tydens ’n algemene jaarvergadering verlede Dinsdag toekomsplanne bekend gemaak wat die radiostasie ’n volwaardige gemeenskapsradiostasie sal maak.Die ateljee sal binnekort by ’n nuwe perseel inVoortrekkerstraat ingerig word en die sendertoring van Estancia na Ermelo verskuif word. Probleme met diefstal van koperdrade het uitsendings in die verlede kort-kort laat skipbreukly. Daar is …

Radio Ermelo 104Fm het tydens ’n algemene jaarvergadering verlede Dinsdag toekomsplanne bekend gemaak wat die radiostasie ’n volwaardige gemeenskapsradiostasie sal maak.Die ateljee sal binnekort by ’n nuwe perseel inVoortrekkerstraat ingerig word en die sendertoring van Estancia na Ermelo verskuif word.
Probleme met diefstal van koperdrade het uitsendings in die verlede kort-kort laat skipbreukly.
Daar is ook gemeld dat instandhouding van die elektroniese toerusting ook makliker en vinniger sal geskied aangesien tegnici nie meer ver afstande sal hoef te ry om die nodige herstelwerk te doen nie.
“Radio Pretoria se programme wat baie gewild is by sy luisteraars, word met die vergunning van Radio Ermelo herlei en nie andersom soos baie mense dink nie. Hulle gebruik ons senders om hulle programme hier uit te saai.
Dus, tensy luisteraars oor ’n opvangskottel beskik, kan Radio Pretoria se uitsendings nie sonder Radio Ermelo in die Ermelo-distrik opgevang word nie.
“Die betrokkenheid van die gemeenskap is vir Radio Ermelo 104Fm van groot belang en ons beplan om die gemeenskap nog meer by die aktiwiteite van die stasie te betrek,” het die nuwe voorsitter, Johan Swart, gesê.
’n Nuwe bestuur is tydens die vergadering gekies.

Exit mobile version