Nagmerrie op die N4

Mnr. Lampbrecht het toe gemerk dat sy voertuig se dakliggie brand en besef dat die booswigte ’n venster uitgeslaan het en besig was om sy voertuig ook te beroof

’n Meisie is uit ’n voertuig geruk en ’n venster van ’n tweede motor is uitgeslaan toe ’n rowerbende by die Shell Ultra City op die N4 toegeslaan het.

Mnr. Hein Lambprecht en sy gesin van Ermelo was Vrydag, 18 April op pad terug van Pretoria waar hy ’n operasie ondergaan het, toe hulle besluit het om by die vulstasie’n koppie koffie te geniet.

Hulle het voor die restaurante langs die voertuig van ’n ander gesin, wat op pad Wildtuin toe was, geparkeer.

Dit was reeds donker en die beligting in die parkeerarea was baie swak.

Die gesin wie se identiteit nie bekend nie se dogter het alleen in hul voertuig agtergebly, terwyl die res van haar gesin die winkels in is.

Die rowers het die meisie gegryp, ’n gestoeiery het gevolg en hulle haar uit die voertuig geruk terwyl ’n ander rower waardevolle items uit die voertuig gesteel het.

Mnr. Lampbrecht het toe gemerk dat sy voertuig se dakliggie brand en besef dat die booswigte ’n venster uitgeslaan het en besig was om sy voertuig ook te beroof.

Sy seun, Heinrich, het gesien wat gebeur en agter die skelms aangehardloop. Hy kon een van hulle ’n skrams hou gee,maar dit was nie genoeg om hom te stuit nie.

Die rowers het met twee handsakke van die Lampbrechts weggekom.
Volgens mnr. Lamprecht was daar twee verdagte motors in die omtrek en vier van die verdagtes het in ’n goud-kleurige sedan weggejaag.

Die ander rowers het in ’n ander voertuig gevlug.

“Ek het die veiligheidswag gaan soek en gevra hoekom hy niks gedoen het nie. Hy het gesê hy is magteloos teen vier gewapende mans,” het mnr. Lampbrecht gesê. Niemand is in die voorval beseer nie.

Exit mobile version