Erries vier 100ste verjaarsdag

Ná die verrigtinge het die Erries teruggekeer na die skool om fees te vier

Hoërskool Ermelo het sy eeufeesviering Vrydagoggend begin met ’n optog gelei deur vier ruiters met vlae na die Burgersentrum waar hulle ingewag is deur Hoërskool Ligbron, Laerskool JJ van der Merwe, Ermelo Laer, Ermelo English Primary en Netherland Park Secondary School.

Al dié skole het saam gestap na die Simon Mantel-gebou waar dr. Frans Boshoff die vlagseremonie gelei het.

Me. N.V. Mthetwa, Gert Sibande Distriksdirekteur vir Onderwys, het die aanwesiges toegespreek en die EHS gelukgewens met sy 100ste verjaarsdag,

Me. Sharon Marais het ’n interessante praatjie gelewer oor die geskiedenis van al die skole in Ermelo en hoe almal aan mekaar verbind is.

Nadat mnr. Dup van Rensburg, hoof van Ligbron, sy skool se gelukwense aan die Erries oorgedra het, het die skoolhoof van EHS, mnr. Bok Martins, aan elk van dié drie ’n kopie van die EHS-gedenkalbum oorhandig.

Ná die verrigtinge het die Erries teruggekeer na die skool om fees te vier op die rugbyveld waar tafels vol kolwyntjies en drinkgoed die kinders begroet het.

Terwyl die kinders reggestaan het vir ’n foto, het die personeel gekuier en hul eie pret gehad deur mekaar met koek en kolwyntjies te besmeer.

Almal het die geleentheid geniet en met soete herinneringe van die skool se 100ste verjaardag huis toe gegaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version