GeneralNews

Helen Zille besoek Ermelo

Sy het benadruk dat niks alleen vermag kan word nie

Helen Zille, nasionale leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het Ermeloërs Vrydag toegespreek tydens ’n vergadering by Legends Lodge.

Sy het die publiek ingelig oor die rol wat die DA

in die komende verkiesing speel en het almal versoek om op 7 Mei 2014 hul kruisies by die stembusse te maak.

Dienslewering was ’n onderwerp wat baie aandag geniet het en op ’n vraag of daar hoop is, het sy geantwoord: “Dit is moontlik dat elke persoon basiese dienste kry, maar dit is onmoontlik om vir elke persoon ’n gratis huis te gee.”

Me. Zille het ook gesê die “die regering wat jy het, maak ’n baie groot verskil in jou daaglikse lewe”. Sy het benadruk dat niks alleen

vermag kan word nie en dat alleen deur

saam te staan die nodige veranderinge

kan plaasvind vir ’n beter toekoms

vir die land.

Related Articles

Back to top button