NewsSchool sportSchoolsSport

Erries wen opwindende rugbywedstryd

Die telling het deurgaans wipplank gery en die spanne het om die beurt voorgeloop.

In ’n uiters opwindende tuiswedstryd wat nege drieë opgelewer het, het die Erries se eerste rugbyspan Hoërskool Pietersburg verlede week met 32 – 27 in die Tuksreeks geklop.

Albei spanne het aanskoulike hardlooprugby gespeel met bewegings wat uit alle hoeke van die veld van stapel laat loop is.

Die telling het deurgaans wipplank gery en die spanne het om die beurt voorgeloop.

Ermelo het vyf drieë teenoor die vier van Pietersburg aangeteken en rustyd 18 -15 voorgeloop.

Dit was die Erries se durf en goeie samespel wat aan hulle die verdiende oorwinning besorg het.

Pieter Bekker (2), Steven Corbitt, Louwtjie Oosthuizen en Jooste Nienaber het drieë gedruk waarvan Pieter Bekker twee verdoel en ook ’n strafskop in punte omgeskep het vir ’n bydrae van 17 punte.

Oorwinnings is ook behaal deur die derde span

(26 – 7) en die 0/15A (19 – 17). Die 0/15’s het die wenpunte in die doodsnikke van hul wedstryd aangeteken.

Van die ander spanne wat almal verloor het, het die tweedes (21 – 33) en 0/16A’s goeie rugby gespeel. (CK)

Related Articles

Back to top button