GeneralLocal newsNews

VLU help Alzheimer-pasiënte

Verskillende materiale en teksture word gebruik en ritsluiters, knope, linte, gespes, hekelwerk en selfs doekspelde word op die kussings vasgewerk om die pasiënte se geheue terug te neem na bekende en goeie herinneringe.

Die Vroue Landbou Unie (VLU) Tamboekie-streek het onlangs hul Alzheimer-projek geloods.

Vroue van die Tambuki-streek, wat uit verskeie takke in Ermelo, Piet Retief, Volksrust, Wakkerstroom, Amersfoort en Platrant bestaan, werk almal saam en hoop om aan elke Alzheimer-pasiënt ’n kussing te gee.

Die kussings word handgemaak met die doel om Alzheimer-lyers se sintuie te stimuleer en hul geheue te prikkel.

Verskillende materiale en teksture word gebruik en ritsluiters, knope, linte, gespes, hekelwerk en selfs doekspelde word op die kussings vasgewerk om die pasiënte se geheue terug te neem na bekende en goeie herinneringe.

Die kussings was te sien by die Hoëveld Landbouskou waar hulle ook deur sr. Maggie van Niekerk beoordeel is.

Volgens sr. Van Niekerk was die kussings van hoë gehalte en het almal aan die vereistes voldoen.

Volgens me. Elbie van der Schyff (voorsitter Tambuki-streek) was elke kussing ’n wenner.

Die Ermelo Skouvereniging het prysgeld van R2 000 geborg wat verdeel is tussen die vroue wat kussings gemaak het met die doel om weer materiaal vir meer kussings te koop.

Elbie is baie trots op die vroue en almal is opgewonde om dié projek verder te neem.

Skakel Elbie van der Schyff by 082 776 3118 vir meer inligting oor die Alzheimer-projek of om lid van die VLU te word.

Related Articles

Back to top button