Local newsNewsSchools

EHS vier eeu met twee boeke

Die besondere eindproduk maak dit egter meer as die moeite werd en elke Errie van die afgelope eeu kan met trots die gedenkblad op hul koffietafels vertoon.

Ná lang dae en slapelose nagte is Hoërskool Ermelo se gedenkblad gereed.

Hierin is 100 jaar se geskiedenis, tradisie en interessanthede van die skool vervat.

Die gedenkblad is slegs ’n klein venster op die gebeure oor ’n eeu heen, en het werklik indrukwekkende redigering, opsomming, navorsing en harde werk vereis om soveel in een publikasie saam te vat.

Die besondere eindproduk maak dit egter meer as die moeite werd en elke Errie van die afgelope eeu kan met trots die gedenkblad op hul koffietafels vertoon.

Die eerste jaarblad van Hoërskool Ermelo het in 1919 verskyn en deur al die volgende jaarblaaie, argief-inskrywingas en staaltjies wat bekend is, loop daar ’n goue draad wat duidelik sigbaar is.

Dié goue draad is inderdaad die skool se afhanklikheid, eer en dankbaarheid om ’n wonderbaarlike God te dien.

Oral deur die jare heen is dit opvallend dat elkeen verbonde aan die skool sy of haar wortels in hul geloof het en alle eer aan die Vader gee.

Dankbaarheid is dus baie gepas as ons tema van die jaar vir 2014 – dankbaarheid vir alles om ons, maar bowenal dankbaarheid vir ’n eeu se rykste seën van God.

Bestel nou jou gedenkblad, omdat slegs ’n beperkte hoeveelheid gedruk word en herleef self ’n eeu se genade.

Die gewone uitgawe (hardeband) kos R350 en die spesiale uitgawe (leergebind, twee per jaargroep) is teen R1 500 beskikbaar.

Saam met die gedenkblad is die Erries ook trots om hul eie Erries Koo-resepteboek bekend te stel met nagenoeg 300 bladsye se liplek-resepte.

Dié resepte is almal eie aan die EHS en word al jare lank gebruik om te onthaal, beïndruk en ons gaste te bederf.

Die resepteboek word in ’n vriendelike formaat gepubliseer om maklik in die kombuis te kan gebruik, sodat daar geen verskoning is om nie sommer dadelik die potte en panne af te stof nie. Die resepteboek kos R150.

Vir enige navrae of bestellings vir hierdie publikasies, kontak André du Preez by 082 372 9456 of by fees@erries.co.za.

Related Articles

Back to top button