Editor's choiceLocal newsNews

Hoëvelder verloor steunpilaar en staatmaker

Met al haar jare ondervinding van drukwerk sowel as koerantuitleg was sy ’n ware steunpilaar wat ’n groot leemte laat.

Die Hoëvelder het Vrydag ná 24 jaar van een van sy staatmakers, Petro Bothma, afskeid geneem.

Petro het vars uit die kollege by die koerant wat destyds aan mnre. Martin en Peter Dannheisser van Springs behoort het, as grafiese ontwerper begin werk.

Die koerant en die Hoëveld-drukkers was toe nog een onderneming onder dieselfde dak.

Caxton het in 2003 die koerant gekoop wat sedertdien afsonderlik van die drukkery bedryf word.

Petro het twee klein seuntjies en het besluit om vir eers voltyds ma vir hulle te wees.

Haar kollegas sal haar onthou vir haar hardwerkendheid, pligsgetrouheid en bereidwilligheid om nuwelinge op te lei.

Met al haar jare ondervinding van drukwerk sowel as koerantuitleg was sy ’n ware steunpilaar wat ’n groot leemte laat.

Die personeel van die Hoëvelder wens Petro alle sterkte toe op haar lewenspad vorentoe.

Related Articles

Back to top button