Local newsNews

Elize is lief vir haar taal

Volgens Elize was die ledegeld slegs R22 toe sy aangesluit het en hulle het vele onvergeetlike vakansies by ATKV-oorde deurgebring.

Mnr. Jannie Breytenbach, voorsitter van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Ermelo, het Donderdagoggend onverwags by Ermelo English Primary School waar me. Elize Stevenson kantoordame is, opgedaag om aan haar ’n sertifikaat te oorhandig en te bedank vir 40 jaar se getroue lidmaatskap en ondersteuning aan die ATKV.

Volgens Elize was die ledegeld slegs R22 toe sy aangesluit het en hulle het vele onvergeetlike vakansies by ATKV-oorde deurgebring.

Mnr. Breytenbach het aan almal teenwoordig verduidelik wat die doel van die ATKV is en het die waarnemende skoolhoof, me. Marinda Kriel, bedank vir die gebruik van die personeelkamer, waarna almal die heerlike eetgoed wat die ATKV voorsien het, geniet het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button