LJV hou Sportskiet Bonanza

Skuts het in verskillende afdelings meegeding om die algehele sportskuts in hul onderskeie afdelings aan te wys.

Die Laeveld Jagtersvereniging Ermelo-tak het die afgelope naweek ’n Sportskiet Bonanza-kompetisie gehou wat oor drie dae gestrek het.

Skuts het in verskillende afdelings meegeding om die algehele sportskuts in hul onderskeie afdelings aan te wys.

Vrydag was die onderskeie wenners in volgorde van prestasie in die pistoolafdeling Frikkie du Plooy Snr., Frikkie du Plooy Jnr en Edward du Toit in die derde plek. Op die “Combo”-baan was Jannie Jacobsz eerste, gevolg deur Jurie Potgieter en Paul Grey. Die “last man standing” was Jaco Swart. Annalize Breedt was die wenner onder die vroue in die pistool- en “combo”-afdeling.

Saterdag was Danie Roos die wenner in die kleiduifafdeling terwylEdward du Toit, Jannie Jacobsz en Riaan Neethling onderskeidelik die eerste drie plekke in pistoolskiet ingeneem het. Piet van den Heever was die “combo”-wenner met pistool and semi-outomaties.

Sondag was Jannie Jacobsz die beste me die pistool, gevolg deur Jan-Harm Hugo.

Deon du Plessis, Jannie Jacobsz en Ruan Nortje het die eerste drie plekke in die semi-outo-afdeling gewen, terwyl Antoinette du Plessis die beste vroue-presteerder met ’n semi was.

Die algehele sportskuts van die kompetisie was Ruan Nortje (juniors), Elize van den Heever (vroue), Jannie Jacobsz (seniors), Charles Robberts (veteraan) en Pieter Ackermann (beste skoot).

Die volgende skietdag is op 22 Februarie. Skakel Piet van den Heever by 084 298 4906 vir meer inligting.

Exit mobile version