Anna skenk 100ste eenheid bloed

Sy het as 16-jarige dogter die eerste keer bloed geskenk en haar volgehoue skenking het waarskynlik ’n verskil in honderde mense se lewens gemaak .

Me. Anna Bezuidenhout het verlede Donderdag haar 100ste eenheid bloed gekenk.

Sy het as 16-jarige dogter die eerste keer bloed geskenk en haar volgehoue skenking het waarskynlik ’n verskil in honderde mense se lewens gemaak .

Die personeel van Ermelo Bloedbank het haar bedank vir haar onbaatsugtigheid en aan haar ’n geskenk oorhandig vir dié mylpaal wat sy behaal het.

Ondersteun Ermelo Bloedbank op 14 en 15 Februarie tydens hul Valentynspromosie.

Elke skenker sal ’n geskenk op die dag ontvang en hope pryse kan ook gewen word.

Een gelukkige wenner kan ’n mid-week-wegbreekgeleentheid wen en die wenner sal op 17 Februarie bekend gemaak word .

Vir meer inligting oor die Valentynspromosie of om ’n skenker te word, skakel Ermelo Bloedbank by 017 811 2631.

Exit mobile version