NewsSchools

EHS vereer eerste hoof

Daar was agt leerders in die eerste matriekklas.

Die Hoëvelder het verlede week berig oor die totstandkoming van Hoërskool Ermelo, die eerste plattelandse hoërskool in die Transvaal.

Ds. Paul Nel was die stigter in 1914 en kan met reg ook die vader van die opvoedingsinrigtings op Ermelo genoem word.

Mnr. C.A.H. Kotzé was die eerste EHS-prinsipaal en het in ’n kort tydjie aan die stuur van sake ’n groot indruk op die personeel, leerders en gemeenskap gemaak.

Gedurende die tweede kwartaal van 1917 het ’n groot slag egter die skool getref met die afsterwe van Carel Albrecht Haupt Kotzé.

Op 12 Junie 1917 het longont-steking “ons beminde Hoofonder-wyser”, soos hy deur die leerders en personeel beskryf is, sy lewe ná ’n kort siekbed geëis.

Hoërskool Ermelo was op 12 en 13 Junie 1917 gesluit as blyk van agting en innige simpatie met mnr. Kotzé se familie en vriende.

Met heimwee en trots vier die EHS sy eerste hoof van 1914 tot 1917, en stem volkome saam met ’n aanhaling uit die argief: “Dit was ’n smartlike verlies. Ons mag wyle mnr. Kotzé voorloper en stigter van die Hoërskool noem.”

Daar was agt leerders in die eerste matriekklas.

Thys Kritzinger was later professor en was op skool reeds lief vir taal en geskiedenis. Hy was veral bekend as woordeboekskrywer en was ook eksaminator vir Afrikaans en Nederlands.

Floris van Schouwenburg was op skool reeds bekend as ’n ernstige en deeglike seun en waslater skoolhoof op Pietersburg.

Lourens Erasmus was ywerig, weetgierig en ’n seun met ideale. Hy het later organiserende sekretaris van die Transvaalse Onderwysersvereniging geword.

Janie Nel die eerste inskrywing van die skool op 15 April 1914. Sy was ’n vrolike dog ernstige student met indrukwekkende taalvaardigheid en het ná haar studies in Stellenbosch vir ’n lang tyd onderwys by die EHS gegee .

Volgende week kan lesers meer te wete kom oor mnr. Kotzé se opvolger.

Related Articles

Back to top button