NewsSchools

Sente word ware Erries

Elke Sent het ’n beurt gekry om in die tradisiekamer hul drome met die hoof en adjunkhoofde te deel.

EHS se gr. 8-leerlinge, oftewel die Sente, het grootoog en met hul baadjies oor ’n hanger vir hul oriënteringsmiddag en -aand aangemeld.

Die “ooms” en “tannies” van gr. 12 het hulle gretig ingewag.

Die Sente is in groepe verdeel en het tydens ’n goed georganiseerde program mekaar gou leer ken.

Hulle het die skoolterrein verken en die skoollied oor en oor gesing totdat hulle dit geken het.

Terwyl die son gesak het, het hulle geluister na mnr. Bok Martins wat die erekode van die skool en die pligstaat van ’n Sent voorgelees het.

Elke Sent het ’n beurt gekry om in die tradisiekamer hul drome met die hoof en adjunkhoofde te deel.

Hulle het die ererkode onderteken en daarna het die hoofleiers hul Errie-baadjies vir hulle aangetrek en hulle as ware Erries verwelkom.

Related Articles

Back to top button