NewsSchools

Errie-personeel berei voor vir jaar wat wag

Die kwinkslae en “wyshede” het tot ’n groot gelag gelei.

Die jaarlikse personeelsimposium van EHS het die afgelope naweek plaasgevind.

Bekende skrywer en sangeres Analise Wiid het met haar aanbieding die personeel se harte aangeraak toe sy hulle met woord en lied opnuut bewus gemaak het van die invloed wat ’n onderwyser op ’n kind kan hê.

Die unieke eienskappe van elke persoonlikheid het ook onder die soeklig gekom.

’n Interessante gesprek deur me. Betsie Vermeulen gelei, het met groot pret gepaard gegaan.

Almal het met nuwe oë na mekaar gekyk en besef mense moet met groot begrip met mekaar omgaan.

Saterdag was die belangrikheid van kommunikasie onder die loep.

Mnr. Bok Martins het al die personeellede laat blinddoek en hulle moes, onder leiding van ’n leier sonder blinddoek, tente opslaan.

Die grootste probleem was om die onderwysers te laat stilbly en luister. Sommige tente is opgeslaan en ander nie.

Die kwinkslae en “wyshede” het tot ’n groot gelag gelei.

Die doelwit om hulle te laat kommunikeer en as span saam te werk, is wel bereik.

Ná die naweek se samesyn en spanbou is die personeel gereed vir die uitdaging wat die nuwe skooljaar bied.

Related Articles

Back to top button