NewsSchool sportSchoolsSport

EHS-hokkieseuns haal halfeindstryd

Die land se top agt makro-skolespanne het teen mekaar meegeding.

EHS se 0/16-seunshokkiespan het die afgelope Desembervakansie aan ’n nasionale hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem.

Die land se top agt makro-skolespanne het teen mekaar meegeding.

Die Erriespan wat uit 0/16-, 0/15- en 0/14-spelers bestaan en van wie slegs vier 0/16 is, het teen die spanne van Grey Kollege, Potch Gimnasium en Pearson gespeel. In die halfeindstryd het die Erries teen Potch Gimnasium te staan gekom. Potch het dié stryd gewen deur vier doele aan te teken teenoor Ermelo se drie.

EHS het vierde in die toernooi geëindig en sien uit na ’n suksesvolle hokkiejaar wat in 2014 met die skool se eeufeesvieringe gepaard gaan.

Related Articles

Back to top button