TLU SA Oos-streek hou konferensie

"Dit is dus nodig om jong boere weer op ons plase te vestig en hul kundigheig daar toe te pas,”

Die TLU SA Oos-streek het verlede Woensdag die jaar afgesluit met ’n geslaagde konferensie wat ’n groot aantal boere bygewoon het.

Die konferensie is by die EHS Landbousentrum gehou.

Die program het verskeie kundige sprekers oor uiteenlopende onderwerpe ingesluit.

Genl. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het die teenwoordiges ingelig oor verskeie standpunte wat die TLU oor landbou in Suid-Afrika huldig.

Hy het onder andere ’n beroep op jong boere gedoen om hul kundigheid op die plaas toe te pas.

“Die aanvraag na produkte en voedsel neem al hoe meer toe, maar weens verskeie redes neem die beskikbaarheid van landbougrond af. Dit beteken boere moet meer produseer op minder grond. Dit is dus nodig om jong boere weer op ons plase te vestig en hul kundigheig daar toe te pas,” het hy gesê.

Ander sprekers was dr. Melinda Hansen, ’n veearts van Standerton, wat boere ingelig het oor verskeie aspekte in verband met die diagnose, behandeling en bekamping van brucellose by beeste in Mpumalanga, mnr. Tom Moodie van TLU SA Maatskappy, mnr. Tollie Schoeman van Noble Resources Sojaboon-aanleg op Standerton en prof. Koos de la Rey wat oor die toekoms van landbou in Suid –Afrika gepraat het.

Die dag se verrigtinge is afgesluit met ’n gesellige braai-ete

Exit mobile version