GeneralLocal newsLocal sportNewsSport

LJV hou spoggerige prysuitdeling

Spog-dinee en prysuitdelingsgeleentheid by die Grasslands Lodge.

Die Ermelo-tak van die Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het Saterdagaand ’n suksesvolle jaar afgesluit met ’n spog-dinee en prysuitdelingsgeleentheid by die Grasslands Lodge.

Die netjiese en interessante uitstallings in die voorportaal en in die saal het getuig van baie moeite wat gedoen is om gaste ’n kykie te gee in die doen en late van die LJV en die pragtige versierde tafels het luister aan die geleentheid gegee.

Junior en senior skuts in beide mans- en vroue-afdelings is beloon vir hul prestasies in hul onderskeie kategorieë die afgelope jaar en sommige lede het arms vol trofeë en sertifikate ontvang.

Die gaskunstenaars, die sanggroep DJ Ossewa, het die waarderende gehoor tussendeur laat skater met hul manewales en danspassies op en van die verhoog af.

Die onderskeie kategoriewenners vir 2013 is Willem Breedt (beste junior, paperskiet), Piet van den Heever – papierskiet beste senior en Richard du Plessis – kompetisieskiet, 3-gun junior skut.

Die kompetisieskiet-wenners is Willem Breedt – beste junior skut 2013; Henré Bruwer – beste junior jagter; Elize van den Heever – beste 3-gun vroue ; Elize van den Heever – beste vroueskut 2013; Minette de Jager – beste vroue -agter; Piet van den Heever – beste 3-gun senior mans; Charles Robberts – beste 3-gun veterane; Piet van den Heever – beste senior skut 2013; Dolf Richter – beste veteraanskut; Henry Bruwer – beste senior jagter 2013; en Don Fischer – beste trofee 2013 .

Related Articles

Back to top button