GeneralNews

Kind breek been in plaasongeluk

Vrag hout beland op kind

’n Kind se linker-bobeen is gebreek en ’n vrou is lig beseer toe ’n sleepwa wat deur ’n trekker gesleep is Saterdagoggend op ’n plaaspad naby Breyten omgeval het.

Die sleepwa het ’n vrag hout en ’n groep plaaswerkers vervoer.

Die vrou is ná behandeling in die Ermelo Provinsiale Hospitaal ontslaan, maar die kind is in dieselfde hospitaal opgeneem waar hy tans vir die bobeen-fraktuur behandel word.

Na bewering het die trekkerbestuurder uitgeswenk toe iemand wat saam met hom op die trekker gery het, afgeval het. Die sleepwa het omgeval en die vrag hout het op die kind beland.

Nooddienswerkers van die Msukaligwa Brandweer asook ambulanspersoneel van die Provinsiale Ambulansdiens, ER 24 en Life Care Response was vinnig op die toneel om hulp te verleen.

Related Articles

Back to top button