Leon en Martilie wen met hul foto’s

Fotograwe skryf hul beste foto’s in

SECUNDA – Dr. Leon Pelser se foto Sphynx was die beste in die pikturale afdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms in September.

Die ander wenners in die pikturale afdeling was mnr. Jaco Linde met Christmas Cactus Flowers onder die 3 ster fotograwe, me. Tharina van Schalkwyk met Michelle onder die 2 ster fotograwe en mnr. Hanno de Beer met KFC by Candle Light onder die 1 ster fotograwe.

Dr. Pelser het ook die voorgeskrewe onderwerpafdeling met sy foto Fooling with the Sun, gewen.

In die veranderde realiteitsafdeling het me. Martilie Weideman met haar foto Anouncement gewen.

In die natuurvoëlafdeling was mnr. Tiaan Muller die wenner onder die 4 ster fotograwe met sy foto Bengali Owl Eyes, me. Judith Bouwer was die wenner onder die 3 ster fotograwe met Drieband Strandkiewiet en mnr. Hanno de Beer was die wenner onder die 1 ster fotograwe met Protective.

In die landskapafdeling het mnr. Adre Weideman die beste foto onder die 5 ster fotograwe geneem en dié afdeling gewen met sy foto Early Boats.

Die ander wenners in dié afdeling was me. Bouwer onder die 3 ster fotograwe met Lesotho Skoonheid, me. Van Schalkwyk onder die 2 ster fotograwe met Venster in die Woestyn en mnr. Schalk Coetzee onder die 1 ster fotograwe met Sodwanabay.

In die natuurafdeling was mnr. Morkel Erasmus die wenner onder die 4 ster fotograwe met sy foto Riding Bareback.

Die ander wenners in dié afdeling was mnr. Mias Bezuidenhout onder die 3 ster fotograwe met Kokerboom 1, mnr. Encee van Huyssteen onder die 2 ster fotograwe met Debengeni Tranquilety en me. Elna Breed onder die 1 ster fotograwe met Witkwas Muishond.

Me. Lize Hill was die wenner onder die 4 ster fotograwe in die fotojoernalistieke afdeling met haar foto Go 68.

Die ander wenners in dié afdeling was mnr. Linde onder die 3 ster fotograwe met Sodwana Pynappelverkopers en me. Sarina Venter onder die 2 ster fotograwe met Shoot.

Die Hoëveld Fotografieklub het Vrydag, 1 November hul laaste byeenkoms vir die jaar gehou en me. Martilie Weideman was die wenner in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met haar foto Wedding Memorial.

In die natuurafdeling was mnr. Adre Weideman die wenner in die seniorafdeling met sy foto Het Jou.

Die ander wenners in dié afdeling was me. Hester Griessel met haar foto Daai Mooi Oë en mnr. Danie Smit met sy foto Pluime.

Die wenners in die fotojoernalistieke afdeling was mnr. Koos Janse van Vuuren met sy foto Polo Player Hit Ball, mnr. Pierre Jordaan met sy foto Pitts Special Mono en mnr. Smit met sy foto Hope.

Dr. Leon Pelser het die beste foto in die veranderde realiteitsafdeling, naamlik, Hope, geneem.

Die beste junior fotograaf in die pikturale afdeling was me. Tharina van Schaklkwyk met haar foto Dress Up.

Die ander wenners in dié afdeling was me. Judith Bouwer met Rusted Sunset, me. Lize Hill met Secrets en me. Annemarie Oosthuizen met Black Label.

Die wenners in die landskapafdeling was me. Bouwer met haar foto Drakensberge, mnr. Schalk Coetzee met sy foto Mount Everest Dagbreek, mnr. Koos Janse van Vuuren met sy foto Bosveld Star Trail met Wilde Vyeboom in en dr. Pelser met sy foto Majestic Sunset.

In die natuurvoëlsafdeling was die wenners me. Bouwer met haar foto Adoption, me. Hester Griessel met haar foto Reier 2 en me. Weideman met haar foto Malachite Breakfast.

Vir meer inligting oor dié fotoklub, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version