Dowwe Dolla kom kuier

SECUNDA – Die radio- en televisiepersoonlikheid Magrit Meyer-Rodenbeck, beter bekend as Dowwe Dolla, bring haar eenvrouvertoning, “Dink Diep”, na Secunda. Sy tree op 21 November in die Basementteater by Lake Umuzi op. Dié vertoning handel oor Dowwe Dolla wat op pad is om met die Costa Concordia te reis. Sy het spesiaal boeke vir dié …

SECUNDA – Die radio- en televisiepersoonlikheid Magrit Meyer-Rodenbeck, beter bekend as Dowwe Dolla, bring haar eenvrouvertoning, “Dink Diep”, na Secunda.

Sy tree op 21 November in die Basementteater by Lake Umuzi op.

Dié vertoning handel oor Dowwe Dolla wat op pad is om met die Costa Concordia te reis.

Sy het spesiaal boeke vir dié reis bymekaar gemaak en daar het per ongeluk boeke van Frederick Nietsche en Siener van Rensburg tussen haar versameling Mills & Boonboeke beland.

Dolla het Nietshce se boek begin lees waarin hy sê: “Kennis is mag, maar kennis sonder begrip is gevaarlik.”

Dolla kry dan ’n uitnodiging van die skip se kaptein om op die brug te gaan kuier.

Kom kuier saam op 21 November en geniet Dowwe Dolla se reis saam met haar.

Vir meer inligting of om kaartjies te bespreek, skakel me. Amori Booysen by 079 499 8880 of koop jou kaartjies by die Bosveld Lapa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version