InternationalSport

Ermelo se swartbalspelers pot die balle tydens die derde swartballiga ronde

Full Moon 1 se span het die sport na kinderspeletjies laat lyk en het 7-2 (Riverbank 4), 8-1 (Pink Panther 1) en 8-1 (Pink Panther 2) met hul teenstanders afgereken.

Ermelo se swartbalspelers het die naweek by verskeie klubs in die omgewing aan die derde ronde van die liga deelgeneem.
Drie spanne van Full Moon Cue Sport klub het op Ermelo deelgeneem, terwyl die ander twee spanne in Carolina teen Timbavati meegeding het.
Vier van Ermelo se spanne is in die liga ingeskryf.
Elke span bestaan uit drie spelers wat punte vir die span, asook vir die speler self, bymekaar moes maak.
Full Moon 1 se span het die sport na kinderspeletjies laat lyk en het 7-2 (Riverbank 4), 8-1 (Pink Panther 1) en 8-1 (Pink Panther 2) met hul teenstanders afgereken.
Full Moon 2 se spanne het twee van hul wedstryde 6-3 gewen, maar moes vinnig hul sokkies optrek in derde wedstryd.
Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button