Swartballiga skop af met eerste wedstryde op Ermelo

Die eerste wedstryde begin om 10vm en die klub nooi almal om hulle te ondersteun en meer oor die sport uit te vind.

Die Swartballiga se liga wedstryde skop op Sondag 28 April by die Ermelo Buiteklub op die Hendrina-pad af.

Die eerste wedstryde begin 10vm en die klub nooi almal om hul te kom ondersteun en meer oor die sport uit te vind.

Full Moon Cue Sport se liga bestaan uit tien rondes.

In die eerste ronde van die liga kom die vier spanne van Full Moon teen mekaar te staan.

Die tye vir die wedstryde is:

Om 10vm sal Full Moon 1 en Full Moon 2 teen mekaar speel.

Om 11.30vm sal Full Moon 2 en Full Moon 3 teen mekaar te staan kom asook Full Moon 4 en Pavillion 4.

Die laaste wedstryde sal om 1nm afskop met Full Moon 3 en Full Moon 1 en Full Moon 4 en Timbivati 4 wat teen mekaar sal speel.

Hou die Hoëvelder dop vir die uitslae van die eerste swartballiga wedstryde.

 

Exit mobile version