InternationalSport

Rolbalspelers van Ermelo laat die houte rol tydens die laaste uitspeel rondtes van die Ouma Rooi Rolbalbesigheidsliga

Die eindstryd van die Ouma Rooi Besigheidligs vind op Woensdag, 18 April plaas.

Met die Ouma Rooi Rolbalbesigheidsliga wat einde se kant toe staan, loop die Balls of Fury in die Dinsdagliga voor met 12 punte en ’n skootverskil van 65, gevolg deur Underdogs met 12 punte en Tassos met 10 punte.

Die spanne wat volg is EBM, Iveco, VDB, FAW, terwyl M.O.T.H. en Rothman Motors die agtste plek deel met ses punte en -3 skootverskil.

Die daaropvolgende plekke word deur Vleissentraal, Teletronics, Value Africa, De Wit Motors en Sentraal Eiendomme ingeneem.

In die Donderdagliga loop die Ball Busters voor met 10 punte en ’n skootverskil van 65, Ermelo Fire & Signs is in die tweede plek met 10 punte en ’n skootverskil van 24, gevolg deur Ermelo Vleismark in die derde plek met nege punte.

Lees ook: Rolbalspelers verteenwoordig provinsie

Die spanne wat volg is Flinstones, Tandetrekkers, Nashua Tegnies, Tiger Milling, Jokers, Brakecore, Majorsteel, Ouma Rooi, Glasfit Cutters, Nashua Admin en Bolt en Nut.

Die eindstryd en prysuitdeling vind op Woensdag, 18 April plaas.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button