Ermelo hengelklub skop die jaar af by Chrissiesmeer

Lede van die hengelklub skop die jaar af by Chrissiesmeer

Ermelo Hengelklub het op Sondag, 8 April, hul jaar met ’n hengelkompetisie by Chrissiesmeer afgeskop.

Die groep hengelaars het om 5vm by Ermelo Toyota bymekaargekom waarna hulle na Chrissiesmeer vertrek het vir die kompetisie wat om 7vm begin het.

Die uitslae in die onderskeie afdelings is:

In die junior (0/13)-afdeling het Deandre Smit in die eerste plek geëindig met Angelique Engelbrecht in die tweede plek.

In die vroue-afdeling was Stephanie Oosthuizen eerste, Samantha Venter kort op haar hakke in die tweede plek, Evette Groenewald derde en Alice Smit in die vierde plek.

By die seniorafdeling het Jaco Oosthuizen die eerste plek behaal, gevolg deur Hermann Fourie en Dries Smit was in die derde plek.

In die vierde plek was Albert Stoop, gevolg deur Charlie Groenewald en Rynard Oosthuizen was sesde, Nick Engelbrecht sewende en André Oosthuizen in die agtste plek.

Die grootste baber van 0,400kg is deur Dries Smit gevang en die grootste karp van 1,990kg deur Jaco Oosthuizen.

’n Totaal van 93 visse met ’n gewig van 44,24kg is vasgekap.

Die klub het elkeen, wat die dag bygewoon het, bedank en almal na die volgende kompetisie, wat in Mei plaasvind, genooi.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Exit mobile version