InternationalSport

Swartbal Liga het onlangs in verskeie dorpe afgeskop.

Vyf van Ermelo se spanne is in dié liga ingeskryf om later vanjaar vir die uitspele te kwalifiseer om die spanne te bepaal wat volgende jaar aan die Suid-Afrikaanse Swartbal Kampioenskap sal deelneem.

Die Swart-Bal Liga het op Sondag, 25 Maart by verskeie potspelklubs in die omgewing afgeskop.

Vyf van Ermelo se spanne is in dié liga ingeskryf om later vanjaar vir die uitspele te kwalifiseer om die spanne te bepaal wat volgende jaar aan die Suid-Afrikaanse Swartbal Kampioenskap sal deelneem.

Elke span bestaan uit drie spelers en al drie van elke span moet speel om punte vir die span, asook vir die speler self, bymekaar te maak.

Slegs ’n sekere aantal mense in elke afdeling kwalifiseer om aan die uitspele deel te naam.

In die mansafdeling kwalifiseer die Top 20 in elke distrik, by die vroue-, senior- en meestersafdeling kwalifiseer die Top 10 in elke distrik.]

Lees ook: Ermelo se rugbymanne laat Carolina les opsê

Die uitslae vir die eerste ronde van die liga vir die Full Moon-spanne is;

Full Moon 1 klop Panda’s 5 (7-2) en ook Panda’s 4 (6-3) en Panda’s 6 (7-2).

Full Moon 2 wen al drie hulle wedstryde, Panda’s 4 (5-4), Panda’s 6 (6-3) en Panda’s 5 (8-1).

Full Moon 3 klop Panda’s 6 (6-3), hulle verloor teen Panda’s 5 (3-6) en verloor teen Panda’s 4 (1-8).

Full Moon 4 klop Pavilion 1 (7-2), klop Pavilion 2 (7-2) en klop Riverbank 1 (3-6).

Full Moon 5 verloor teen Riverbank 1 (4-5), klop Pavilion 1 (6-3), klop Pavilion 2 (6-3).

Fulmoon een, twee en drie het op Secunda by Upstairs gespeel en Fullmoon vier en vyf het by Pavilion in Middelburg gespeel.

Die volgende wedstryde sal op 22 April plaasvind.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

Related Articles

Back to top button