Warriors klop Sasol 1 op Secunda

Zuan Swart is as speler van wedstryd aangewys.

Msukaligwa Warriors krieketspan van Ermelo het op Saterdag, 4 Maart teen Sasol 1 krieketspan op Secunda meegeding en hulle met 19 lopies geklop.

Ermelo het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Hulle het 151/10 tydens hulle 43.1 beurte aangeteken, terwyl Sasol 1 132/10 in hulle 42 beurte aangeteken het.

Lees ook: [Foto’s]: Ermelo Defensive Pistol Club geniet suksesvolle skietdag

Estian Cilliers met 31 lopies van 66 balle en Zuan Swart met 28 lopies van 73 balle was die beste kolwers van die Ermelo-span.

Zuan Swart was die beste bouler wat vier paaltjies vir die verlies van 38 lopies aangeteken het.

Wynand Geel het drie paaltjies vir die verlies van 27 lopies aangeteken.

Zuan Swart is as speler van wedstryd aangewys.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Exit mobile version