GalleriesSchools galleries

Hoërskool Ermelo se leerders vang gees voor die groentjieskonsert

Na elke huis die geleentheid gegee is om ’n paar huisliedjies te sing, is die skoollied gesing om aan die kinders van Laerskool JJ van der Merwe te wys dat al is hulle drie verskillende groepe, hulle steeds as ’n skool en eenheid saamstaan.

Groot opgewondenheid het op Maandagoggend, 26 Maart, by Ermelo Hoërskool geheers nadat elke huis se dirigente die leerders gelei het in ’n “sing-off”om te bepaal wie die meeste gees het.

Nelstehuis-dogterkoshuis het die tema “Adventures of Robin Hood” uitgebeeld, terwyl die seuns van Huis Veldman as die “Expendables” opgedaag het en die dorpleiers die tema “Ghostbusters” vir vanjaar gekies het.

VIDEO – Hoërskool Ermelo se leerders vang gees voor die groentjieskonsert

Na elke huis se dirigente elkeen op sy eie temaliedjies ingery het, is die huise kans gegee om ’n paar geesvangliedjies te sing, voor geopen is.

Lees ook: Erries atlete ryg trofees in

Na opening het die leerders, elkeen met hulle vragmotor wat opgemaak en versier is volgens hul tema, na Laerskool JJ van der Merwe beweeg om vir die leerders te gaan sing.

Die kinders was opgewonde en het hulle aan die dirigente verkyk.

Na elke huis die geleentheid gegee is om ’n paar huisliedjies te sing, is die skoollied gesing om aan die kinders van Laerskool JJ van der Merwe te wys dat al is hulle drie verskillende groepe, hulle steeds as ’n skool en eenheid saamstaan.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button