GalleriesSports galleries

[Foto’s] Snoekerspelers skiet raak by die naweek se “6-Reds” Snoekerkampioenskap

Altesaam 28 spelers was in twee groepe verdeel waar die top twee van elke groep kon vorder na die halfeindstryd wat op 9 Maart plaasvind.

Die Mpumalanga Cue Sport (MPCS) het oor die afgelope twee naweke hulle “6-Reds” Snoekerkampioenskap by Fullmoon Cue Sport Klub op Ermelo aangebied.

Altesaam 28 spelers was in twee groepe verdeel waar die top twee van elke groep kon vorder na die halfeindstryd wat op 9 Maart plaasvind.

Elke deelnemer het teen al die deelnemers in die groep meegeding om die top twee posisies te bepaal.

Dit was ’n lang dag met die kompetisie wat om 9vm begin en eers na 8nm geëindig het.

Lees ook:  Liggie-krieketspan lewer goeie boulwerk

In die eerste groepwedstryd op 18 Februarie het Hendry Erasmus van Panda’s Klub op Secunda, met 18 punte in die eerste plek geëindig, terwyl Orlando Pestana van Gringo’s Klub op Hendrina, tweede was met 15 punte.

Tydens die tweede groepwedstryd op Sondag 23 Februarie het Charles Wahlstrand van Full Moon Klub op Ermelo, eerste geëindig met 21 punte, gevolg deur Jacobus le Roux van Panda’s Klub met 18 punte.

Tydens die halfeindstryd sal Charles Wahlstrand en Orlando Pestana, en Hendry Erasmus en Jacobus le Roux, mekaar die stryd aansê.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button