GalleriesSchools galleries

Ligbron begin liga op wennoot

Die Liggies se hokkiespanne het vir die eerste keer op die nuwe astrobaan uitgedraf.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby-, hokkie- en netbalspanne het Saterdag die eerste ligawedstryde van die seisoen op ‘n hoë noot afgeskop met oortuigende tuisveldoorwinnings oor Hoërskool Genl Hertzog.

Ligbron se Calstar Group eerste span het van die begin af hul heerskappy op die wedstryd gestempel en binne die eerste twee minute ‘n doel aangteken.

In die 22ste minuut het die Liggies die telbord laat aanrol tot 12 – 0 met nog ‘n drie en kort voor rustyd weer agter die Genl Hertzog doellyn gekuier met ‘n verdoelde drie om die rustydtelling op 19 – 0 te staan te bring.

In die tweede helfte het Ligbron ‘n verdere twee drieë en ‘n doelskop behaal (31 – 0), maar toe toegelaat dat Genl Hertzog hul gelykop terugbetaal met twee drieë en ‘n doelskop (31 – 12).

Die Liggies het hul voorsprong verder vergroot met nog ‘n doel om die wedstryd oortuigend met 38 – 0 te beklink.

Vir Ligbron is drieë gedruk deur Njabulo Mahlobo (2), Edward Deacon (2), Thabiso Mkhwebane (1) en Musa Mbokane (1). Message Nkosi het 3drie drieë verdoel en Thabiso Mkhwebane het een verdoel.

Die derde span het 50-0 gewen, die tweedes met 39-0, 0/16A’s met 61-0, 0/15A’s met 22-5 en die John Wright Veneers 0/14A’s met 86-0.

Ligbron se netbalspanne het vir aanskoulike spel gesorg en ses van hul agt wedstryde gewen.. Die eerste span wen 28-10, 0/17 verloor 8-10, 0/16A wen 18-10, 0/16B wen 19-10, 0/15A wen 27-9, 0/15B wen 23-9, 0/14A verloor 9-13 en die 0/14B wen 22-9.

Die Liggies se hokkiespanne het vir die eerste keer op die nuwe astrobaan uitgedraf wat beslis ‘n besondere hoogtepunt vir elke span, sowel as die skool. was.

Die wedstryde op die astrobaan is aansienlik vinniger as op grasvelde en die hokkie was beslis van hoogstaande gehalte.

Al vyf Ligbron se hokkiespanne het hulle wedstryde gewen, die eerste span met 3-1, tweede span met 3-1, 0/16 met 3-0, 0/15 met 4-0 en 0/14 met 2-1.

 

Related Articles

Back to top button