Ermelo sorg vir fees van drieë

Ermelo het met rustyd reeds 25 punte op die telbord gehad.

Ermelo Rugbyklub se eerste span het Saterdag vir die vorige naweek se nederlaag teen Standerton vergoed en vir ‘n drieë-fees gesorg toe hulle Witbank Rugbyklub met 51-10 op die AJ Swanepoelstadion geklop het.

Ermelo se tweede span het in hulle wedstryd ook gewys dat hulle ‘n krag is om mee rekening te hou en hul wedstryd teen Witbank met 34 – 17 gewen.

Riaan Naudé en Gert Grobler is onderskeidelik as voor- en agterspeler van die wedstryd gekies.

In die eerste span se wedstryd het Ermelo die Witbankers vroeg in die eerste helfte ietwat moedeloos gehad met nie minder nie as 25 punte op die telbord met vier drieë, ‘n doelskop en ‘n skepdoel voordat die besoekers punte op die telbord kon plaas met ‘n onverdoelde drie.

Die rustyd telling was 25 – 5 in die guns van die tuisspan.

In die tweede helfte het Witbank effens meer weerstand gebied, maar dit was weer die Ermeloërs wat ‘n verdere vier drieë en drie doelskoppe aangeteken het teenoor ‘n enkele drie deur Witbank.

Die eindtelling was 51 – 10 in Ermelo se guns.

Wenzel Sonnekus en Tiaan Rosslee is onderskeidelik as voor- en agterspeler van die wedstryd gekies.

Die volgende wedstryde vind op 22 April op die AJ Swanepoelstadion plaas wanneer Ermelo se spanne Middelburg 3 en die Kinross Tigers sal aandurf.

Exit mobile version