GalleriesSports galleries

Jooste Konsultante wen Besigheidsliga Potspel

Afgesien van nuwe belangstelling wat die kompetisie in potspel teweeggebring het, sal die onderskeie spanne vroeg in Januarie prysgeld aan verskillende liefdadigheidsorganisasies skenk.

Fotogalery:

Die Besigheidsliga Potspelkompetisie het Vrydag ten einde geloop met die span van Jooste Konsultante wat in ‘n opwindende stryd met Matrix Knights (naaswenners) in die eindronde afgereken het om as die kampioenspan gekroon te word.

Die Dalifin-Span het derde geëindig met Burhman Saints in die vierde plek.

Afgesien van nuwe belangstelling wat die kompetisie in potspel teweeggebring het, sal die onderskeie spanne vroeg in Januarie prysgeld aan verskillende liefdadigheidsorganisasies skenk.

Jooste Konsultante sal aan die Ermelo Kinderhuis ‘n skenking maak terwyl Matrix Knights die SAVF-Tehuis as begunstige gekies het en Dalifin beide Children of the Dawn Kinderhuis en EARS sal begunstig.

Pryse is ook aan spelers in die verskeie kategorieë toegeken.
Top 10 Besigheidliga Spelers: 1. Leon Pieterse, 2. Sakhile, 3. Chris van Wyk, 4. Deon van Zyl, 5. Mduduzi, 6. Dylan Mcfarlane, 7. Cheyanne van Wyk, 8. Solomon, 9. JP Joubert en 10. Elsie Engelbrecht. Beste mansspeler: Leon Pieterse. Beste vrouespeler: Cheyanne van Wyk. Meeste Speler van die wedstryd toekennings (Mans): Deon van Zyl. Meeste Speler van die wedstryd toekennings (vroue): Cheyanne van Wyk.
Beste opkomende speler (mans): Mike van der Schyff. Beste opkomende speler (vroue) Megan Edwards.

Beste Kaptein: Elsie Engelbrecht. Speler met die beste gesindheid: Solomon.
Beste spangees: Matrix Knights en Meeste bene gewen: Matrix Knights.

Die organiseerders bedank graag elke span en speler wat aan die 2016 Besigheidsliga deelgeneem het vir hul bydraes asook die borge, Protea Bande, Christian vd Merwe, Phatboys, Sleepers Rest, Hi-Q en Cassol.

Related Articles

Back to top button