GalleriesSports galleries

Ligbron-gholfdag lok groot getal spelers

Die gholfdag is gereël ten bate van 'n hulpfonds om leerders en ouers by te staan met die koste van sport en skooltoere.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se geborgde IPS-gholfdag het een van die grootste inskrywingsgetalle die afgelope paar maande gelok toe meer as 170 spelers Saterdag die 18 putjies aangedurf het.

Die gholfdag is gereël ten bate van ‘n hulpfonds om leerders en ouers by te staan met die koste van sport en skooltoere.

Ten spyte van die grappies en gemoedelike atmosfeer wat tussen die spelers geheers het, is daar hier en daar ernstige gholf gespeel.

Lal Sewpersad was die uiteindelike wenner ná ‘n uittel op voorgee met Chris Liebenberg in die tweede en Wors Prinsloo Jnr in die derde plek.

Al drie spelers het 42 punte aangeteken.

Wally van der Walt en Herman Swart, albei op 41 punte, is onderskeidelik in die vierde en vyfde plekke geplaas met Tollie Schoeman en Bennie Kriel in die sesde en sewende plekke op 40 punte.

Die organiseerders van die Ligbron-gholfdag bedank al hul borge wat hul mildelik ondersteun.

 

Related Articles

Back to top button