Community galleriesGalleries

MOTHs onthou

Die gedenkdiens word ook landwyd en in verskeie lande oor die wêreld gehou ter herrinnering van soldate, mans en vrouens wat die hoogste prys betaal het in oorloë en in diens van hul land.

Galery:

Die jaarlikse MOTH-gedenkdiens en kransleggingseremonie is Sondag by die Ermelo MOTH-kompleks in Jan van Riebeeckstraat gehou.

Die gedenkdiens word ook landwyd en in verskeie lande oor die wêreld gehou ter herrinnering van soldate, mans en vrouens wat die hoogste prys betaal het in oorloë en in diens van hul land.

Dit word ook gehou om die beëindiging van die Eerste Wêreldoorlog op die 11de van die 11de maand 1918 te herdenk.

Vanjaar se gasspreker op Ermelo was gen. Chris van Zyl van Pretoria. Gen. Van Zyl het in sy toespraak melding gemaak van die impak wat die rye en rye wit kruise in die Delvillebos- begraafplaas op hom gemaak het tydens ‘n besoek daar.

Hy het gesê dat terwyl dit goed en paslik is dat die nagedagtenis van slagoffers van die wêreldoorloë gedenk word, daar ook nie vergeet moet word van die slagoffers van die hedendaagse aanslae teen die mensdom nie.

Die optrede deur die polisieorkes het luister aan die geleentheid verleen.

Die diens is afgesluit met ‘n kransleggingseremonie waartydens verskeie kranse deur oudsoldate, dienspligtiges, familie en vriende gelê is ter nagedagtenis van gestorwe soldate en landsdienaars.

Related Articles

Back to top button