GalleriesSports galleries

Tomahawks troef Middelburg Broncos

Die Tomahawks was beter daaraan toe in die winderige toestande en het met kragspel die besoekers se doellyn sewe keer oorgesteek.

Galery:

Die Ermelo Tomahawks Rugby League-span het Saterdag die Middleburg Broncos in ‘n ligawedstryd op die AJ Swanepoelstadion met 38 -24 verslaan.

Die Tomahawks was beter daaraan toe in die winderige toestande en het met kragspel die besoekers se doellyn sewe keer oorgesteek.

Vir die Tomahawks het Wayne Burger en Bok Mashaba elkeen twee drieë gedruk, terwyl Sindiswa Mbokane, Danie Anderson en Louis van Zyl elk een drie gedruk het.

Bok Mashaba is as speler van die wedstryd vir die Tomahawks gekies.

Lee Langenhoven het vier doelskoppe behaal en Jonathan Croucamp het met een doelskop geslaag.

Die Tomahawks kom môre (Saterdag) in ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Knights van Witbank te staan.
Die wedstryd word om 15:00 by die AJ Swanepoelstadion gespeel.

Related Articles

Back to top button