Ermelo-rugbyspanne val vas

Dit was eers in die laaste paar minute van die wedstryd dat Standerton die wedstryd buite die bereik van Ermelo geplaas het.

Galery: Sien fotos’ van Saterdag se aksie hier.

Ermelo Rugbyklub se eerste en tweede spanne het Saterdag albei die onderspit teen Standerton Rugbyklub gedelf. Die wedstryde het op EHS se veld plaasgevind.

Die tweede span het ‘n moedige vertoning gelewer en 21 punte op die telbord geplaas, maar kon net nie daarin slaag om die Standertonners in toom te hou nie. Standerton het 38 punte aangeteken.

Vir Ermelo was Marcel Wallace as beste voorspeler gekies en Schalk de Villiers was die beste agterspeler.

Die eerste span was in ‘n taai stryd met die besoekers gewikkel, maar het uiteindelik met 7 – 15 verloor.

Dit was eers in die laaste paar minute van die wedstryd dat Standerton die wedstryd buite die bereik van Ermelo geplaas het.

Ermelo se punte is aangeteken deur Lee Langenhoven wat vroeg in die wedstryd ‘n drie gedruk het en Rohan Stander wat die drie verdoel het.

Divan Sonnekus is as voorspeler van die wedstryd gekies en Vincent Sonnekus was die beste agterspeler.
Ermelo speel eerskomende Saterdag teen Carolina op die AJ Swanepoelstadion.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version