GalleriesSchools galleries

Ligbron bou voort op goeie vertonings

Ligbron eerste span druk tien drieë teen Hoërskool Standerton

Galery:

Ligbron se wintersportspanne het Saterdag op hulle tuisveld teen Hoërskool Standerton te staan gekom in die Mpumalanga Grootskole Liga.

Die John Wright Veneers eerste span het sy wedstryd met 66 – 0 gewen. Die Liggies het drie driëe in die eerste helfte gedruk voordat Standerton se losskakel ‘n rooikaart ontvang het vir ongeoorloofde spel.

In die tweede helfte het die Liggies egter vlamgevat en nog sewe drieë gedruk.

Ligbron se ander agt Kibela Ligbron-rugbyspanne het die skare trakteer met puik hardlooprugby.
Saterdag se rugbytellings (Ligbron se tellings eerste) is:
0/14A 19 – 19, 0/14B 5 – 15, 0/15A 36 – 10, 0/15B 52 – 0, 0/16A 10 – 15, 0/16B 22 – 12, derdes 27 – 5, tweedes 41 – 7 en eerstes 66 – 0.

Op die netbalbane het die Liggies uitstekend gevaar en drie uit die vier wedstryde gewen.
Die tellings is: 0/14A verloor 10 – 15, 0/15A wen 7 – 6, 0/16A wen 13 – 9 en eerstes wen 32 – 11.

Ligbron se B-spanne het in die Gert Sibande-uitspeelronde soos volg teen die onderskeie skole gevaar: 0/14B verloor 6 – 9 teen Secunda en 3 – 15 teen Standerton, 0/15B verloor 3 – 11 teen Secunda, 0/16B speel gelykop 8 – 8 teen Secunda, tweedes speel gelykop 5 – 5 teen Oosterland en verloor 8 – 16 teen Secunda.
Die A-spanne speel Saterdag op Standerton in die Gert Sibande-streekkampioenskap.

Ligbron se dogtershokkiespanne het daarin geslaag om drie uit die vyf wedstryde te wen.
Die tellings is: 0/14 wen 5-0, 0/15 verloor 2-4, 0/16 wen 3-1, tweedes verloor 1 – 3 en die eerstes wen 5 – 1.

 

 

 

Related Articles

Back to top button