Fotogalery – Kerk hou familiesaamtrek

Pret en plesier, ponieritte, speletjies, heerlike smulhappies, winskope en lekker saamkuier was aan die orde van die dag.

 

‘n Feestelike atmosfeer het Saterdag in die middedrop geheers toe die NG Kerk Ermelo Moedergemeente hul jaarlikse feesbasaar/familiesaamtrek op die kerkterrein gehou het.

Pret en plesier, ponieritte, speletjies, heerlike smulhappies, winskope en lekker saamkuier was aan die orde van die dag.

‘n Hoogtepunt van die verrigtinge was die “Ons Dominee/Pastoor kan”-kompetisie waarin dominees, pastore en geestelike leiers mekaar die stryd aangesê het om die “Ysterman”-dominee van Ermelo te vind.

Die uiteindelike wenner was Rudi van den Berg van die NG Gemeente Ermelo-Oos, met ds. Gerrit Viljoen tweede en ds. Jaco van Niekerk derde. Laasgenoemde twee het albei “tuisveldvoordeel” gehad.

Exit mobile version