Fotogalery – ’n Ode aan die melktert

Almal het met melktert grootgeword en die lekkerny is immerteenwoordig by groot geleenthede, onthale en feeste.

Die Erries het Maandag vir die tweede agtereenvolgende jaar Nasionale Melktertdag op ‘n feestelike manier gevier.

Tafels volgepak met melktert het op al die leerders gewag toe die klok vir eerste pouse lui.

Die onderwysers is ook bederf met ‘n gedekte tafel vol melktertgebak, -roomys en -drankies (nie die soort wat jou kop laat draai nie).

Die doel van Nasionale Melktertdag op 27 Februarie, is om Suid-Afrikaners daaraan te herinner dat ons meer gemeen het as wat ons dink. Almal het met melktert grootgeword en die lekkerny is immerteenwoordig by groot geleenthede, onthale en feeste.

Die hoof en onderwysers van Hoërskool Ermelo beskou die Erries se interhoëroorwinning as ‘n groot geleentheid en het gemeen dit sou van pas wees om elke leerder met ‘n stukkie melktert te bederf.

Exit mobile version