Community galleriesEditor's choiceGalleries

Fotogalery – Verskeie besigheidseienaars, bestuurders en bekendes in hegtenis geneem

SANBD het 136 eenhede bloed in "borg-geld" ontvang.

Die dorp was verlede Vrydag in rep-en roer met die inhegtenisneming van verskeie besigheidseienaars, bestuurders en bekendes in die gemeenskap.

Lt.kol. Bakkies Groenewald het die “kriminele” by hul werksplekke geboei, hul regte voorgelees, agter op die polisie-wa gelaai en na die selle by die bloedbank geneem vir die Ladies Circle se jaarlikse bloedinsamelingsveldtog.

Die “gevangenisse” se borg moes in eenhede bloed betaal word voordat hulle vrygelaat is.

Volgens sr. Marion Louw van die Suid Afrikaanse Nasionale Bloedoortappings Dienste, Ermelo (SANBD) het hulle 136 eenhede bloed ingesamel en bestempel die dag as ’n sukses.

Die SANBD het hul dank uitgespreek teenoor die gemeenskap wat die veldtog so mildelik ondersteun het.
Hulle het ook vir lt.kol. Bakkies Groenewald en Ermelo Ladies Circle no.15 bedank vir al hul hulp, bystand en ondersteuning.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button