Hoërskool Ermelo se Top 10 gr.12-leerders soos bereken op hul jaarpunte is Anja Hattingh, Lyn-Marié Smit, Marieke Odendaal, Eswee Bothma, Sithembiso Marareni, Michelise Swart, Carna Myburgh, Marnelle Prinsloo en Paulené Engelbrecht.
Christiaan du Plooy is die wenner van die Theana de Beer-wisseltrofee vir die beste kultuurbydrae.
Gr.12 se Dux-leerder is Anja Hattingh wat onder andere ook die tradisieryke Fairbairn-medalje ontvang het. Die Fairbairns se verbintenis met die EHS strek oor vele dekades vandat die familie die medalje die eerste keer ingestel het ter nagedagtenis aan Louis Fairbairn wat van 1933 tot 1936 ‘n EHS-leerder was en tydens die Tweede Wêreldoorlog op 22-jarige ouderdom in Libië gesneuwel het. Die bejaarde dr. George Fairbairn, broer van Louis, woon in Australië en sy suster, Maisie, in Lichtenburg.
Die Odie Swart Handhawers-pryswenners is Eswee Bothma en Lyn-Marié Smit. Dié prys is nie op prestasie gebaseer nie, maar op karaktereienskappe. Eswee het ook die Martin Mulder-prys vir die beste sport en akademie in gr.12 ontvang. Mnr. Mulder was vroeë jare ‘n onderwyser aan die EHS.
Eswee Bothma met die Martin Mulder-prys vir die beste sport en akademie in gr.12. Mnr. Mulder was ’n onderwyser aan die EHS.
Hoërskool Ermelo se Top 10 gr.12-leerders soos bereken op hul jaarpunte is Anja Hattingh, Lyn-Marié Smit, Marieke Odendaal, Eswee Bothma, Sithembiso Marareni, Michelise Swart, Carna Myburgh, Marnelle Prinsloo en Paulené Engelbrecht.
Sportdogter gr.8 tot 11, Lesshika Vala, deel ook die Brandon Thomson-wisseltrofee vir die hoogste prestasie in sport met Chris de Beer.
Leon Visser met die NJ Janse van Rensburg-boekprys vir die veelsydigste sportleerder in gr.12. Mnr. Van Rensburg is ‘n vorige hoof van die EHS.