Ermelo Landbou skou dag 3
Hoogtepunte van die Hoëveld Landbou Skou 2015 se laaste dag
Ruiters het die skare vermaak tydens die perdespring-kompetisie wat in die arena aangebied is tenspyte van ‘n kort reënbui wat uitgesak het, het die ruiters hul staal gewys. Die power jump wat later die middag aangebied is het behoorlik die skare laat regop sit.
Die verkillende skoustalletjies is vroeër beoordeel en die wenners het sertifikate ontvang.
Die SAP se uitstalling het aan hulle die eerste plek vir buite uitstallers besorg en hulle is ook aangewys as algehele wenners.
Hene Swanepoel is aangewys as Mej landbou skou 2015 en die nasua=vliegtuig het ‘n asemrowende lugvertoning gehou. Karlien van Jaarsveld en Ampie du Preez het gesorg vir die aand se sangvermaak.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590





















































































































































































































































































