LettersOpinion

EHS sê dankie

Mnr. Bok Martins – Hoof EHS: Vrydag 11 April 2014 was dit die EHS se 100ste verjaarsdag. Donderdagoggend vroeg is ons aangenaam verras deur die joernaliste van die Hoëvelder met die uitgawe van 10 April. Wat ’n voorblad! Benewens die baie moeite wat gedoen is met die binneblaaie se bladuitleg, organisasie van inligting en verkryging …

Mnr. Bok Martins – Hoof EHS:

Vrydag 11 April 2014 was dit die EHS se 100ste verjaarsdag.

Donderdagoggend vroeg is ons aangenaam verras deur die joernaliste van die Hoëvelder met die uitgawe van 10 April. Wat ’n voorblad!

Benewens die baie moeite wat gedoen is met die binneblaaie se bladuitleg, organisasie van inligting en verkryging van advertensies, was ons stomgeslaan met die voorblad!

Dit was iets wat ons glad nie verwag het nie; die inhoud daarvan het ons skoon emosioneel gelaat – so ’n lang verbintenis met die Hoëvelder word daardeur bevestig.

Daarom is dit die behoefte van ons hart om dié brief te plaas, namens ’n 100 jaar se Erries.

Dankie vir jul moeite om in die argiewe te gaan naslaan en daardie kosbare inligting oor ons skool te plaas.

Meer nog, baie dankie vir die mediaborg wat julle vir die EHS in sy Feesjaar is. Dit is op sigself ’n groot gebaar van jul kant en die EHS het die hoogste waardering daarvoor.

Lesers weet dat daar weekliks nuusbrokkies geplaas word oor die geskiedenis van die skool.

Ons weet van lesers wat dit getrou volg. Dit alles is moontlik gemaak deur die goedgesindheid van die Hoëvelder se redaksie.

Ons wil graag die naam uitsonder van me. Sanette Botha die redakteur, sowel as die span joernaliste van die Hoëvelder.

Baie dankie vir al die inisiatief, lojaliteit en ondersteuning.

Ons sê ’n 100 DANKIES vir hierdie spesiale borgskap!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button