Local newsNews

Ermelo Kansa open versorgingskamer vir terminale en bedlêende kankerpasiënte

Dié kamer sal terminale pasiënte tot en met vier weke kan huisves om verliging aan families en versorgers te verleen.

Kansa het op 2 Maart hul eerste versorgingskamer vir terminale en bedlêende kankerpasiënte in Mpumalanga, in samewerking met die SAVF-tehuis op Ermelo geopen.

Dié kamer sal terminale pasiënte tot en met vier weke kan huisves om verliging aan families en versorgers te verleen.

Verpleegpersoneel sal na pynbeheer, algemene verpleegsorg en die verligting van simptome omsien.

Dit is die eerste kamer van sy soort wat op so ’n wyse in Mpumalanga bestuur word en die organiseerders beoog om indien die projek ’n sukses is, dit ook uit te brei na ander dorpe en SAVF-tehuise.

Me. Sonja Kirk wat die projek behartig, het vertel dat elke geval op meriete hanteer sal word en geen pasiënt sal afhangende van die beskikbaarheid van die kamer, weggewys word nie.

Sy het alle Ermeloërs uitgenooi om by die projek betrokke te raak en as vrywilligers by Kansa aan te sluit.

Vir meer inligting oor die Ermelo Kansa Omgee kamer kontak me. Kirk by 083 304 7006.

Related Articles

Back to top button