Local newsNews

Theo Kirton van Ermelo is ’n versamelaar van formaat

Die treine maak hul weg deur weldeurdagte en pittige “dorpies” waar sommige van die inwoners langs ’n sementdam uitkamp, in die son baai en selfs braai, salig onbewus van die feit dat hul lot deur ’n reus(e) versamellaar bepaal word.

Richard van der Westhuizen het gesing, “Tussen treine, tussen stasies…” en niemand kan beter hiermee assosieer as mnr. Theo Kirton nie.

Omring deur treine, staan mnr. Kirton in die middel van ’n vertrek wat hy vir sy indrukwekkende miniatuur-treinversameling omskep het.

Van híér het hy die perfekte uitkykpunt om die spore en spoed van die treine, met ’n versameling van elektroniese skakelaars en hefbome te beheer.

Dié treine maak hul weg deur weldeurdagte en pittige “dorpies” waar sommige van die inwoners langs ’n sementdam uitkamp, in die son baai en selfs braai, salig onbewus van die feit dat hul lot deur ’n reus(e) versamelaar bepaal word.

Dié reus, oftewel mnr. Kirton, het ’n liefde vir treine ontwikkel destyds toe hy as stoker op die spoorweë gewerk het.

Dit was egter eers in 2016 wat hy dié liefde in ’n versameling omskep het.

Vandag spog hy met sewe volledige treinstelle en sowat 80m se treinspore.

Hy nooi Ermeloërs om sy versameling te besigtig, maar vra dat mense hom vooraf by 083 953 0709 skakel.

Lees meer hieroor in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button