Local newsNews

Andrew Roos op sy gelukkigste in sy musiekatelje

Op die mure van dié bekende ateljee, hang getuigskrifte van bekendes met wie hy skouers geskuur het.

In die musiekateljee, Brak Musiek het die Hoëvelder ’n blik gekry op die musiekwêreld waarin mnr. Andrew Roos homself bevind.

Op die mure van dié bekende ateljee, hang getuigskrifte van bekendes met wie hy skouers geskuur het.

Mnr. Roos is beslis ’n man van vele talente en een wat ook geen bekendstelling nodig het nie.

Hy is op Ermelo gebore en getoë en het aan Hoërskool Ermelo matrikuleer.

Reeds op ’n baie jong ouderdom het hy besef dat hy ’n ingebore aanvoeling vir musiek het.

LEES OOK: Sunél Swart laat haar nie deur diabetes onderkry nie

Hoewel hy geen formele opleiding gehad het nie, het hy Brak Musiekateljee op Ermelo gevestig na ure se selfleer video’s.

In dié ateljee het hy al verskeie CD’s vir musiekante soos onder andere Karen Zoid, Diesselblom, Theuns Jordaan en Richard van der Westhuizen opgeneem.

Werk wat in die ateljee gedoen word sluit klankopnames vir orkeste, sangers, kore, advertensies en filmklankbane in.

Hy geniet ook werk wat musikale verwerking, produksieleiding en komposisie insluit.

Lees gerus meer hieroor in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button