Local sportSport

Dis weer pienkbal tyd by die Ermelo Buiteklub

Soos oudergewoonte, sal daar weer verversings by sekere putjies beskikbaar wees.

Die Hervormde Kerk Suid se Pienkbal Gholfdag sal op 16 November by Ermelo Buiteklub plaasvind.

Dit is vanjaar die 26ste jaar wat dié gewilde gholfdag aangebied word.

Soos oudergewoonte, sal daar weer verversings by sekere putjies beskikbaar wees.

Volgens ds. Frans Boshoff, sal die kenmerkende pienk baadjies weer vir die wenners van die dag aangetrek word.

Die wenners van die kompetisie se name word op die baadjies borduur en jaarliks aan die wenners oorhandig word.

Ds. Boshoff het byvoorbaat vir PanSolutions vir hul borgskap bedank.

Vir meer inligting, kontak mnr. Natie van Rooyen by 063 707 3044.

Related Articles

Back to top button