School sportSport

Ermeloërs bring kant

Die Erries het in hul nuwe sportdrag wat deel vorm van hul Eeufeesviering deelgeneem en die skool se dogterspan het algeheel tweede geëindig terwyl die seunspan die derde plek met Hoërskool Hoogenhout gedeel het.

Leerders van EHS en Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag aan die interhoër-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Hoogenhout in Bethal deelgeneem.

Zané Rothmann van EHS seil oor die hekkies tydens Saterdag se Interhoër byeenkoms.
Zané Rothmann van EHS seil oor die hekkies tydens Saterdag se Interhoër byeenkoms.
Nthokozisi Hlubi van Ligbron op pad na die wenstreep tydens die S0/19-afloswedloop. Die span het die byeenkoms afgesluit deur ’n goue medalje te verwerf.
Nthokozisi Hlubi van Ligbron op pad na die wenstreep tydens die S0/19-afloswedloop. Die span het die byeenkoms afgesluit deur ’n goue medalje te verwerf.

Kelly-Anne Bourne (D0/14) en aangewys as die Junior Victrix Ludorum en presteerder van die dag (naellope D0/14).

Lydia Landman het uitstekend gevaar in die hekkiesafdeling en die rekord in die 300m vir D0/14 verbeter.

Kelly Anne Bourne, Willie Greyling en Lydia Landman het uitgeblink in verspring.

Tanisha Gibson, Lucretia Struwig, Zané Rothmann, Jessica van Rensburg, Hanré Claassen, Brendan van Eck, Hans Greyling en Jeandré Bekker het ook meer as 800 prestasiepunte behaal.

Die atlete van Ligbron het vanjaar nie so goed gevaar nie, maar skud hul vere reg vir volgende jaar se byeenkoms.

Die S0/19-aflosspan het die dag op ’n hoë noot afgesluit toe hulle met ’n voorsprong van meer as 10m die goue medalje verower het.

Die Liggies het ook in hul nuwe sportdrag deelgeneem.

Hoërskool Hoogenhout het die geesbeker gewen.

Related Articles

Back to top button