School sportSport

Ligbron-atlete word geslyp

Atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede week aan twee atletiekbyeenkomste deelgeneem en van die geleenthede gebruik gemaak om hul fiksheid en vaardighede op die proef te stel. Verlede Dinsdag het die atlete kragte gemeet in ’n vriendskaplike byeenkoms tuis teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal, en die afgelope Saterdag het hulle aan ’n vriendskaplike …

Atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede week aan twee atletiekbyeenkomste deelgeneem en van die geleenthede gebruik gemaak om hul fiksheid en vaardighede op die proef te stel.

Verlede Dinsdag het die atlete kragte gemeet in ’n vriendskaplike byeenkoms tuis teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal, en die afgelope Saterdag het hulle aan ’n vriendskaplike byeenkoms op Piet Retief deelgeneem. Ses skole, Piet Retief, Volksrust, Vryheid, Pongola, Pionier en Ligbron, het aan die byeenkoms deelgeneem.

Die Liggie-seunsatlete wat Saterdag volgens die ASA-tabel presteer het, is Andile Zita, Mthikozisi Hlubi, Mbali Maseko, Quiniso Mndebele, Ruan Viljoen, Calvin Clack, Nathan Veinings, Sizwe Maseko en Marnus Scheepers.

Die dogters wat uitgeblink het, is Janeke Scheepers, Dalmai Ackerman, Johanet Steyn, Ingrid Venter, Sammy Magadulela, Annika Jacobsz, Catha Jacobsz, Vanessa Maseko, Lindie Mostert en Nita Boshoff.

Related Articles

Back to top button