NewsSchools

Hoërskool Ermelo se kultuurleerders presteer by Con Spirito-kunstefees

Johnke Prinsloo is op 6 September, as kategoriewenner aangewys vir die beste hoërskoolredenaar van die kompetisie.

Kultuurleerders van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die eindronde van die Con Spirito-kunstefees, by Leeuwenhof Akademie in Bedfordview, deelgeneem.

Die afdelings waarin dié leerders meegeding het was, voorbereide spanredenaars, voorbereide redenaars (Engels), gedig (eie keuse – Engels), gedramatiseerde gedig (Afrikaans), monoloog (Afrikaans) sowel as die sangafdeling.

LEES OOK: EHS-Fast 5-netbal presteer by Middelburg-toernooi

Mienke Cloete, Zané du Plessis, Zanéke Ludick en Johnke Prinsloo is as die voorbereide spanredenaars se itemwenner aangewys.
Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide redenaars), Leandri Viviers (Afrikaanse monoloog), Lianie Jansen van Vuuren (sangafdeling) en Jake Hoffeld (ghitaar – eie komposisie) is in die verskeie items as die wenners aangewys.

Johnke Prinsloo is op 6 September, as kategoriewenner aangewys vir die beste hoërskoolredenaar van die kompetisie.

Related Articles

Back to top button